Aanmelding

Sending........

Welkom by de Villiers Country Lodge

 

Villiersdorp is geleë in die pragtige Elandsvallei, net 25km vanaf Franschhoek, oor die pragtige Franschhoekpas. 

Villiersdorp is ‘n klein plattelandse dorpie wat in 1843 gestig is deur Veldkornet Pieter de Villiers. Die dorpie word omring deur vrugte en wynboerdery. Die rustigheid en mooi omgewing is een van die dorp se groot pluspunte.

Dit is een en ‘n half uur se ry van Kaapstad en ‘n uur vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

De Villiers Country Lodge is geleë op die hoek van Victoria en Unielaan.  Dit is ‘n heerlike, gemaklike en stylvolle gastehuis, waar die gaste op egte, plattelandse gasvryheid getrakteer word.

 

Die gasvrou, Johannie Barnard, dra elkeen op die hande en maak u verblyf besonders.

Daar is 5 dubbel slaapkamers.  Een is op die grondvloer en is rolstoel toeganklik.  Gaste kan ontspan in die sitkamer, of op die patio – met die geluid van die fontein om die siel te streel.

Daar is ook ‘n kothuis op die gronde, wat ideal is vir gesinne of groepe van tot vier mense, wat ‘n bietjie privaatheid verkies.  Die kothuis is ook rolstoel toeganklik.

Ontbyt word bedien in die gesellige eetkamer.  Addisionele etes is ook beskikbaar op aanvraag.

Reg langs die gastehuis is die St Augustinus Anglikaanse kerkie.  Dit is in 1858 gebou.  Met sy klipmure en rietdak is dit die perfekte kerkie vir kleiner troues.  Verskeie bruide is al by de Villiers Country Lodge gehuisves.

De Villiers Country Lodge ook oor fasiliteite vir klein funksies, bv. Kursusse, besigheidsvergaderings, verjaardae ens. Ons kan ook die spyseniering behartig.

Die plaaslike NG Kerk is ook naby de Villiers Country Lodge geleë.

09 feb 2012

It was the best suggestion to book at your lovely Guest House. Your happiness and the wonderful spirit of your home made our stay so wonderful.

Signed: 

Claus & Helga, Switzerland.

<none>

Baie dankie vir 'n heerlike kuier! Wat 'n voor reg om hierdie pragtige hius saam met jou te kon deel. Ons sal verseker weer kom kuier, al is dit net vir jou heerlike ontbyt en koffie.

Signed: 

Anonymous

06 feb 2012

Thank you for your wonderful warm welcome and all your hospitality. It really did feel llike a 'home away from home".Our picnic supper on the patio by the fountain was memorable. You have such a beautiful house and we were very happy to have found you.

Signed: 

Edinburgh, Scotland

<none>

Many thanks for making the time spent so welcoming and special.

Signed: 

Heather

 

Akkommodasie

  • 5 En-suite dubbel slaapkamers
  • Laer slaapkamer rolstoel vriendelik
  • Kothuis vir gesinne of groepe

Fasiliteite

  • Tale: Afrikaans, Engels
  • Veilige parkering
  • Toegang internet
  • In kamers tee en koffie
  • Vervoer na en van die lughawe kan gereël word
  • Al die kamers het 'n kluis met sleutel
  • Lees hoekie
  • Private fietsry route - vanaf 1084m bokant seevlak by die gastehuis tot 1646m bokant seevlak

Attraksies

  • Theewaterskloof Country Estate 9 Putjie Gholfbaan
  • Begin van die Worcester Wynroete
  • Alpaca Plaas
  • Dale Elliott Art Studios
  • Veteraan Trekker Museum